Ongeluk los drie beseer
’n Ongeluk het drie mense beseer gelaat na een voertuig, na bewering, teen ’n ander gebots het.

’n Ongeluk het drie mense beseer gelaat na een voertuig, na bewering, teen ’n ander gebots het.
Op Saterdag 16 September het mnr. Dino Padayachee, hoof uitvoerende beampte van Langamed Emergency Management die insident as ’n massiewe slag beskryf, toe ’n Golf 7 glo teen ’n Honda gebots het. Die Golf het op sy dak te lande gekom na die impak, en die Honda is teen ’n boom vas.
“Ons het drie pasiënte na eMalahleni Privaat Hospitaal en Witbank Hospitaal, onderskeidelik, geneem,” het Padayachee gesê.

Die ongelukstoneel waarin drie mense beseer is op Saterdag 16 September, in Beattystraat.
Hy het bygevoeg dat die persoon in die Golf net ligte beenbeserings opgedoen het, maar die insittendes in die Honda het erger beserings opgedoen.
Die insittendes van beide voertuie was nie beskikbaar vir kommentaar teen druktyd nie. Beide bestuurders het wel hul kommentaar vir die polisie gegee. Die bestuurder van die Honda het gesê dat die ander voertuig hom glo agtervolg het en hom met opset van agter gestamp het, terwyl die bestuurder van die Golf gesê het dat hy nie bewus was van die nuwe spoedbulte in die pad naby Laerskool Taalfees nie. Hy het glo beheer oor die voertuig verloor en per ongeluk die versneller getrap. Die Golf het toe teen die Honda gebots.
Geen bevestiging van wat presies die ongeluk veroorsaak het, was beskikbaar teen druktyd nie.
LEES OOK
https://www.citizen.co.za/witbank-news/83591/ma-en-seuntjie-dood-in-ongeluk/
https://www.citizen.co.za/witbank-news/88177/nat-pad-lei-na-gru-ongeluk/
