CrimeNews

Huisinbrake vier hoogty

“As dit nie krag en water is nie, besteel hulle jou huis leeg.”

“As dit nie krag en water is nie, besteel hulle jou huis leeg.”

So het een van die inwoners gesê na hy die vierde keer in vier maande van sy huisbesittings besteel is.

Huisinbrake het verlede week behoorlik die oorhand van inwoners gekry en selfs ’n voertuig is in die proses gesteel.

Die reeks inbrake het op Dinsdag 19 September afgeskop by ’n huis in Amberstraat waar ’n 15-jarige in die huis was.

“Hulle het gelukkig niks aan my kind gedoen nie. Sy was siek en by die huis vir die dag. Die agterdeur, wat redelik ver van die hek is, was toegetrek maar nie gesluit nie. Die alarm was wel geaktiveer en my dogter het in haar kamer geslaap,” het me. Lebohang Motshepe gesê.

Sy het vertel dat die alarm wat afgaan haar dogter laat wakker skrik het en die mans het haar kamerdeur oopgemaak en vir haar gesê om die alarm te deaktiveer.

Sy was deurmekaar en in skok, en het gesê sy kan nie.

“Een man het in die kamer by haar gebly terwyl die ander twee televisies, tablet, ’n selfoon en meer gegryp het. Ek dink hulle was haastig as gevolg van die alarm wat geskree het,” het Motshepe verder gesê.

Sy het bygevoeg dat hulle wel besig is met berading vir haar dogter na die voorval.

Me. Deidre Bezuidenhout het nie ’n warm verwelkoming in die stad ontvang nie. Hulle is nuut in die stad en woon in ’n kompleks in Hollandstraat.

Hier het mans hul televisie, skootrekenaars en klanksisteem gesteel.

“Ek het bietjie langer by die skool gebly en my man het gebel om te sê dat hulle by ons ingebreek het. Ek het so agterom die huis geloop en gesien een van die ander deure in die kompleks staan ook oop. Hier het die diewe ook, sover ek kan sien, die televisie gesteel,” het Bezuidenhout gesê.

Die diewe het die voordeur afgeskop om toegang tot die huis te verkry en het ’n gedeelte van die klanksisteem by die hek verloor, vermoedelik in hul haas om weg te kom.

Die televisie wat van die muur af gesteel is tydens ’n inbraak in Hollandstraat op Woensdag, 20 September.
Die motorhuis se deur is ook oopforseer, maar die poging was onsuksesvol.

Lede van die South African Community Crime Watch (SACCW) was op die toneel, maar niemand is hier gevang nie.

In Dirksestraat het die vierde inbraak in vier maande die inwoner moedeloos. Dit het op Donderdag, 21 September plaasgevind toe mnr.

Jaco Greyling gaan kyk het of alles nog in orde is by sy broer se huis.

“Hy het vier maande gelede hierheen verhuis van ’n ander huis in die stad en nooit sulke probleme gehad nie.”

Die rooi BT 50 wat in Wellingtonstraat gesteel is tydens ’n inbraak op Donderdag 21 September. Die bakkie met registrasienommer: JHT 545 MP word steeds gesoek.

Lees die volle artikel in die week se WITBANK NUUS.

LEES OOK:

https://www.citizen.co.za/witbank-news/96410/brave-girl-keeps-calm-house-robbery/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/96828/will-find-hunt/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button