’n Jong paartjie het die afgelope naweek prooi van ’n oeroue slenter geword.
Die huurhuis waarvoor hulle ’n gedeelte van die deposito betaal het, bestaan nie en die vrou wat die huis uitverhuur is ook skoonveld.

“Ons het die pragtige huis op OLX raakgeloop en dadelik die vrou wat dit uitverhuur, gekontak. Omdat daar volgens haar so baie mense was wat belangstel in die huis het ek voorgestel dat ons darem R2 500 oorbetaal om te verseker dat ons die huis kry,” het me. Lizelle Petersen Labuschagne vertel.
Lizelle en haar man, Pieter, sou die vrou Saterdag, 23 September by die huis ontmoet om kontrak te teken en die res van die geld te gee, maar die vrou het verdwyn.
“Ons was so opgewonde oor die pragtige huis.”
LEES OOK:
https://www.citizen.co.za/witbank-news/100886/estate-agents-fraudulent-ways-exposed/
