CrimeNews

Wapens nie net meer ’n geweer

Die rowers het verskeie wapens gebruik om die slagoffers mee te dreig.

Aanvalle bedags en rooftogte deur die nag is besig om toe te neem in eMalahleni.

Die afgelope week is vier inwoners aangeval en beroof.

Die rowers het verskeie wapens gebruik om die slagoffers mee te dreig.

Op 18 September het me. Happy Shabangu die dag se kontant gereed gemaak om te bank.

Sy het by die bank in gegaan, geleë by die Sanlam Sentrum in Klipfontein toe twee mans haar van agter gegryp het.

“Ek het gevoel hoe een van die mans iets teen my rug druk en die ander een aan die sak geld in my hande ruk,” het Happy oorvertel.

Die weerlose Happy het dadelik ingestem om die kontant te oorhandig aan die verdagte.

Hulle het op vlug geslaan sonder dat sy die mans kon sien.

In nog ’n voorval in die strate van Klipfontein-area was die slagoffer besig om na sy ouerhuis te stap toe daar twee verdagtes hom ook van agter af aangeval het.

Die twee verdagtes het hom met pepersproei gespuit en toe hy sy oë uitvee is die booswigte met sy selfoon weg.

Op 22 September het nog twee slagoffers by die polisiestasie opgedaag om elk ’n klagte te lê, albei is onverwags gevang en beroof.

In mnr. Moses Mthimkuhlu se voorval het drie verdagtes op hom afgepyl en aangedring op kontant en sy selfoon.

Lees die volle storie in hierdie week se WITBANK NUUS.

LEES OOK:

https://www.citizen.co.za/witbank-news/96828/will-find-hunt/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/96410/brave-girl-keeps-calm-house-robbery/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button