Local newsNews

Rafiki hou biddag en insameling vir boere in die Kaap

Daar kan ‘n verskil gemaak word deur om betrokke te raak en te bid dat daar verandering sal plaasvind.

Die ondraaglike afmetings van die droogte in die Kaap is nie net besig om ‘n landskrisis te word nie, maar die emosies en moedverlore mense is op hulle laaste met totale geestelike insinkings wat plaasvind.

Bale voer word daagliks geskenk van ander boere, maar die probleem bly egter die vervoer van die bale na die boere in die Wes- Noord- en Oos Kaap.

Daar kan ‘n verskil gemaak word deur om betrokke te raak en te bid dat daar verandering sal plaasvind.

Afriforum, Rafiki en verskeie ander mense het reeds opgestaan en betrokke geraak.

‘n Dag van gebed saam met ‘n fondsinsameling word op 30 September by Rafiki beplan vir al die boere en gemeenskappe wat geaffekteer word deur die erge droogte.

Die program sluit ’n pretloop en fietsry in, gaskunstenaars wat deur die dag optree en getuienis van boere af oor hoe die droogte hul geaffekteer het.

Dr Thinus van der Merwe gaan ’n diens hou en daar sal gebid word vir die droogte.

As jy betrokke wil raak skakel gerus: Basie Lugtenborg: 082 553 3260 (landbou en vervoer ), Eric Shabangu: 013 697 1231 (voertuig organisasie), Rassie van der Lith: 079 529 5202 (kerk en persoonlik), Melle Coetzee: 072 947 2100 en Hennie Bekker: 082 217 6091 (Afriforum), Stan Kruger: 082 816 2221 (musiek en optredes) en Lindy Mol Barham: 072 242 8024 en Gugu Maseka: 076 154 2424 vir stalletjies.

Kaartjies is R50 elk en R20 vir parkering. Kaartjies is beskikbaar by Jacks Paint asook by 072 242 8024.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button