
Twee werknemers van ’n garage in Ogies is uit op borg nadat hulle gearresteer was vir diefstal en bedrog.
Die man en vrou is op 28 Desember gearresteer en het die volgende dag R1 000 borg gekry. Hul saak is uitgestel tot 22 Januarie.
Mnr. Riyaz Adam, eienaar van Puma Garage en Caltex Garage het gesê die vrou het vier jaar vir hom gewerk en die man ’n jaar.
Me. Aqualine Steinhobel, wat die administrasie van Caltex garage behartig het gesê dat die vrou vir aanddiens aangemeld het en dan na bewering geld laat geneem en die papierwerk vir die skof laat verdwyn het.
“Op die man se skof het hulle dieselfde gedoen en op sommige dae het hulle die petrolmeter lesings aangepas op die skof sodat jy nie kan sien hoeveel petrol is verkoop en geld is weg nie,” het Steinhobel gesê.
Die bedrag ter sprake is R45 000.
Steinhobel het gesê die werkers was gekonfronteer en het die beweringe eers ontken, maar later na bewering erken dat hulle wel die geld geneem en die papierwerk laat wegraak het.
“Die vrou het gesê haar ma was siek en daarom het sy die geld geneem vir medikasie. Die man het gesê hy weet van niks,” het Steinhobel gesê.
LEES OOK
https://www.citizen.co.za/witbank-news/47151/maak-seker-vir-wie-jy-geld-gee/
https://www.citizen.co.za/witbank-news/87736/woman-pleads-guilty-r5-million-goes-missing/
