
Reaksielede van die South African Community Crime Watch (SACCW) en Hoëveldpark se buurtwag het vinnig gespring om ’n verdagte vas te trek.
In die vroeë oggendure van 11 Januarie is ’n inwoner van Hoëveldpark wakker geblaf deur die buurt se honde.
“Ek het gaan kyk hoekom die honde so blaf en het ’n man ’n vierwielmotorfiets in die pad sien stoot. Ek het een van my bure geskakel en dit ingeroep op die SACCW se oop kanaal,” het die man Maandag 15 Januarie gesê.

Dié verdagte is op 11 Januarie deur lede van SACCW en Hoëveldpark se buurtwag vasgetrek na hy ’n vierwielmotorfiets probeer steel het. (Foto: SACCW).
Hy het ook vertel dat, na noukeurige beplanning, hy en ander inwoners van Hoëveldpark die man vasgetrek het en die polisie is na die toneel ontbied om die verdagte in hegtenis te neem.
Die vierwielmotorfiets is ook na die stasie geneem en die SACCW wil al die betrokke partye bedank vir hul samewerking. Ander lede is ook na die toneel ontbied
LEES OOK
https://www.citizen.co.za/witbank-news/103376/saccw-caught-another-suspect/
https://www.citizen.co.za/witbank-news/97038/saccws-team-apprehend-suspect/
