Local newsNews

Spoedkameras, spoedbulte of stopstrate vir OR Tambo?

Na aanleiding van die aantal ongelukke wat om die draai in OR Tambostraat plaasvind het WITBANK NUUS lesers gevra wat hulle dink gedoen kan word om die pad veiliger te maak.

Die spoedgrens om die ‘draai van die dood’ is 80km/h en tog is daar motoriste wat spog dat hulle tussen 140km/h en 160km/h om dié draai jaag.

Na aanleiding van die aantal ongelukke wat om die draai in OR Tambostraat plaasvind het WITBANK NUUS lesers gevra wat hulle dink gedoen kan word om die pad veiliger te maak.

“Verkeersligte werk nie in eMalahleni nie. Veral in die aand word daar nie by ’n verkeerslig gestop nie en ek het dit Saterdagaand weereens gesien toe ek teen 22:00 by die verkeerslig in OR Tambostraat langs die pad gestop het waar Amsterdamstraat uitdraai. Binne ’n bestek van 15 minute het omtrent 30 karre oor die rooi verkeerslig gery sonder om eers spoed te verminder en as ek moet skat het party vinniger as 100 km/h gery,” het mnr. Rudi Botha gesê.


Skaars ’n paar meter weg vanwaar Chappies Chapman op Sondag 14 Januarie verongeluk het, het nog ’n botsing Dinsdag, 16 Januarie plaasgevind. ’n Mercedes en bakkie van ADT het gebots.

Botha dink dat die gedeelte van OR Tambostraat van die verkeerslig by Amsterdamstraat to by die verkeerslig by Gordonstraat die langste straat sonder ’n stop of verkeerslig is en dan het die pad nog die gevaarlike draai in die middel ook.

“My voorstel is die goedkoopste en sal drie gevaarlike aansluitings, Monastraat, Polarstraat en Woltemadestraat om die draai van die dood aanspreek. By elkeen van hierdie genoemde aansluitings moet ’n drierigting stopstraat met ’n spoedwal net na die stopstraat se witlyn opgerig word. Sodoende sal motoriste gedwing word om te stop of ten minste spoed te verminder. As die stopstrate behoorlik gemerk is en ook die spoedwalle en ’n motoris verontagsaam dit en kom in ’n ongeluk is dit die motoris se eie toedoen en kan niemand anders blameer word nie.”

Lees die VOL BERIG in die uitgawe van WITBANK NUUS op die rakke vandag

LEES OOK

https://www.citizen.co.za/witbank-news/104863/tambo-moet-dringend-aandag-kry/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/105006/wat-moet-gedoen-word-om-tambo-veiliger-te-maak/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button