CrimeNews

Nog ’n ‘chop shop’ sindikaat loop hul rieme styf

Die ‘chop shop’ wat in Augustus 2017 aan die kaak gestel is in Eaglestraat het die afgelope paar maande blykbaar hul onwettige motorbedryf op ’n ander perseel voortgesit.

Die ‘chop shop’ wat in Augustus 2017 aan die kaak gestel is in Eaglestraat het die afgelope paar maande blykbaar hul onwettige motorbedryf op ’n ander perseel voortgesit.

Ongelukkig vir hulle is hul vuil vingers verbrand deur Cyber Search Netstar.

WITBANK NUUS het navraag gedoen oor die verloop van sake in verband met die eerste onthulling wat gelei het tot die arrestasie van Shaun van Vuuren wat na bewering by die sindikaat betrokke was.

Beweringe deur ’n betroubare bron dat die sindikaat steeds flink sake doen op ’n ander perseel is deur die koerant opgevolg waarna inligting aan die polisie deurgegee is vir verdere ondersoek

Die saak het egter ’n ander wending geneem toe Cyber Search Netstar Dinsdag, 16 Januarie op die huis in Visserstraat, Uitbreiding 8 toegesak het.

“Ons het sein gekry in eMalahleni van ’n Hyundai-trokkie wat sowat 13 dae gelede in Douglasdale, Gauteng gekaap is. Ons het dadelik ondersoek gaan instel en op die huisadres gegaan waar die opsporingstoestel ons geneem het,” het ’n Cyber Search woordvoerder gesê.

Op toneel het die einste trokkie, wat as gekaap aangemeld is in Gauteng, voor die erf in Visserstraat gestaan.

Die polisie is onmiddellik in kennis gestel waarop hulle binne enkele minute saam lede van die gemeenskapspolisiëringsforum opgedaag het.
Met verdere ondersoek het hulle op nog twee voertuie op die erf afgekom wat as gesteel aangemeld is.

Twee verdagtes is op die toneel in hegtenis geneem vir die besit van gesteelde voertuie en het op 18 Januarie vlugtig in die hof verskyn.
Gerugte dat nog verdagtes betrokke is by die voertuigdiefstal-sindikaat word ondersoek.

LEES OOK

https://www.citizen.co.za/witbank-news/98029/crack-chop-shop-eagle-street/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/98621/dirty-mechanics-cleaned-police-leader-still-large/

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button