CrimeNews

‘Hoekom is jy nie kerk toe nie?’ vra diewe

Op Sondag 21 Januarie het die eienaar van die huis ’n paniekbevange oproep ontvang van haar dogter, terwyl sy in die dorp was.

’n Meisie is met skoenveters vasgebind tydens ’n inbraak in Birkholtzstraat.

Op Sondag 21 Januarie het die eienaar van die huis ’n paniekbevange oproep ontvang van haar dogter, terwyl sy in die dorp was.

Volgens paramedici op die toneel was die dogter alleen in die huis gewees tydens die inbraak en die diewe het vermoedelik toegang tot die huis deur die agterdeur verkry. Een van die inbrekers wou glo by die meisie hoor hoekom sy nie kerk toe is nie, vermoedelik omdat die ouers nie by die huis was nie. Die vermoede bestaan ook dat die huis baie fyn dopgehou was voor die inbraak.

Daar word geglo dat die verdagtes te voet was en geen arrestasies is gemaak nie. ’n Selfoon, twee skootrekenaars, een tablet en kamera is gesteel.

Volgens die polisie was die mans nie gewapen nie.

Mnr. Flip Opperman, reaksielid van die South African Community Crime Watch (SACCW) het gesê dat die slagoffer in die kamer vasgemaak is en sy is behandel vir skok. Slagoffer-bystand het ook hul hulp verleen. Hy het ook bygevoeg dat die diewe vermoedelik oor die muur gespring het.


Die toneel in Birkholtzstraat op Sondag 21 Januarie.

Opperman het gesê dat mense van die area en die gemeenskap moet verseker dat alles ten alle tye by hul huise gesluit is.
Die familie was nie beskikbaar vir kommentaar teen druktyd nie.

In nog ’n voorval is ’n vrou glo wakker gemaak en na Klipfonteindam geneem. Volgens die polisie het die verdagte die slagoffer wakker gemaak, haar hande vasgemaak en met ’n mes gedreig.

Die verdagte het glo die slagoffer se skootrekenaar gevat en haar in die bosse by Klipfonteindam gelos.
Geen arrestasies is tot dusver gemaak nie.

LEES OOK

https://www.citizen.co.za/witbank-news/98821/verdagtes-vasgetrek-tydens-inbraak/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/40783/inbraak-kos-duisende/

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button