
’n Voertuig is in Klipfontein by ’n besige winkelsentrum gesteel, terwyl die eienaars by ’n vlooimark gaan rondloop het.
Op Saterdag 20 Januarie het oom Flip en tannie Rosie Rheeder hul voertuig by ’n winkelsentrum parkeer, met al hul kruideniersware steeds binne. Hulle was ’n paar minute by die vlooimark toe tannie Rosie iets in die kar wou gaan sit, was hul wit Mazda Sting net skoonveld. Die registrasienommer is HRD 238 MP.
Lede van die South African Community Crime Watch (SACCW) het oom Flip en tannie Rosie huis toe geneem.
Daar is ’n duidelike duik en skraapmerk aan die linkerkant van die Mazda en die agter sitplekoortreksels is rooi en swart.

Die Mazda Sting wat op Saterdag 20 Januarie in Klipfontein gesteel is. (Foto: verskaf).
Me. Maureen Scheepers, ook van die SACCW het wenke gegee in verband met soortgelyke voorvalle:
“Maak altyd seker dat jou voertuig altyd gesluit is en parkeer in areas waar sekuriteitswagte en sekuriteit sigbaar is. Verseker dat jou voertuig nie maklik gesteel kan word nie, deur alternatiewe toestelle in te sit soos ’n opsporingstoestel en dat dit in werkende toestand is. Verseker ook dat jy nie waardevolle besittings in die ‘oog’ los nie en wees waaksaam wanneer jou voertuig parkeer word en die omstandighede rondom die area.”
Scheepers het bygevoeg dat motoreienaars altyd hul registrasienommers moet ken, indien ’n geval van diefstal dat beamptes onmiddellik kan wegspring met die opsporingsproses. Motoreinaars moet ook alle kenmerke van hul voertuie ken, om die sukses te bepaal wanneer daar na ’n voertuig gesoek word.
Vir enige inligting wat kan lei tot die opsporing van bogenoemde Mazda, kontak vir Maureen Scheepers: 082 565 6770 of David Wessels: 072 777 3012.
LEES OOK
https://www.citizen.co.za/witbank-news/78532/kruideniersware-ryker-maar-karloos-gelaat/
https://www.citizen.co.za/witbank-news/101414/tyd-om-oop-oe-te-slaap-met-jou-karsleutels/
