Local newsNews

Nóg ’n ongeluk op OR Tambo-draai

’n Man is die afgelope naweek gearresteer nadat hy glo ’n ongeluk op die OR Tambo-draai gemaak het.

’n Man is die afgelope naweek gearresteer nadat hy glo ’n ongeluk op die OR Tambo-draai gemaak het.

Die man, wat Maandag, 29 Januarie in Witbank Landdroshof verskyn het, is die vorige dag op die toneel gearresteer en vir bloedtoetse geneem, omdat die polisie vermoed hy het onder die invloed van alkohol bestuur.

“My man het van Hoëveldpark af na Checkers gery om net gou ’n brood te gaan koop toe die bestuurder in ’n BMW van agter in hom vasgery het,” het ’n baie ontstoke me. Xoliswa Ngcobo gesê.

Die man het die voertuig van mnr. Langa Ngcobo glo so hard gestamp dat die voorwiel afgekom het.

“My man is net geskok. Nie hy of die ander bestuurder is ernstig beseer nie,” het Ngcobo gesê.

Volgens die polisieverslag het die man na drank geruik.


Die bestuurder van ’n BMW is Sondag, 28 Januarie gearresteer na ’n ongeluk in OR Tambostraat Daar word vermoed dat hy onder die invloed van alkohol bestuur en ’n ongeluk veroorsaak het.

Na die soveelste ongeluk op die draai wat as die ‘draai van die dood’ bekendstaan, het lesers met verskeie idees na vore gekom om bestuurders te noodsaak om stadiger om die draai te ry.

Van die verkeerslig by Amsterdamstraat tot by Monastraat is ongeveer 455m. Vanaf Monastraat tot Poplarstraat is ongeveer 531meter. Vanaf Poplarstraat tot by Woltemadestraat is ongeveer 312m en vanaf Woltemadestraat tot by Gordonstraat is ongeveer 450m.

Mnr. Willie Swart stel voor dat drierigting stopstrate by al drie die ingange, Monastraat, Poplarstraat en Woltemadestraat gesit word.
Die munisipaliteit het met nog geen voorstel vorendag gekom nie.

“Ons sal raad by ’n verkeersinspekteur ry. Daar is verskeie opsies wat ’n verkeerslig en metodes om verkeer te kalmeer wat oorweeg word,” het mnr. Kingdom Mabuza, munisipale woordvoerder gesê.

LEES OOK

https://www.citizen.co.za/witbank-news/105173/spoedkameras-spoedbulte-stopstrate-vir-tambo/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/42101/vier-beseer-na-ongeluk-op-or-tambo/

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button