CrimeNews

Dagga, die deur na harde dwelms

Witbank Polisie het weer die dwelmvervuilde strate van eMalalheni skoongemaak.

Witbank Polisie het weer die dwelmvervuilde strate van eMalalheni skoongemaak.

Die polisie arresteer weekliks hordes dwelmhandelaars asook dwelmgebruikers in ’n poging om die Steenkoolstad dwelmvry te kry.
Op 26 Januarie is daar meer as vyf arrestasies in verband met die besit en handel van dagga gemaak.

In die een voorval het ’n beampte van Witbank Polisiestasie ’n bekende dagga-gebruiker in die Sentrale Besigheidsgebied (SBG) raakgesien en gestop. Die verdagte het aan die polisie vertel waar hy die dagga verkry het en die dagga in sy besit oorhandig voor hy gearresteer is. Daarna is die polisie na die beweerde daggahandelaar geneem waarop hy ook in hegtenis geneem is.

Met sakke dagga ingeteken by Witbank Polisie Stasie het nog twee arrestasies plaasgevind waar daar op harde dwelms beslag gelê is.

Die middag van 26 Januarie het beamptes ’n verdagte man opgemerk in die SBG en hom gevolg waar hy hulle in bosse en waterpype gelei het. Na ’n jaagtog het hulle dit bemeester om die verdagte vas te trek. Op hom is daar ’n inspuiting met vloeistof, wat glo heroïen is, gekry. Die verdagte is op die toneel in hegtenis geneem.

Later daardie dag is nog ’n dwelmhandelaar sy dwelms en vryheid kwyt toe hy glo ’n aflewering moes maak in Tasbetpark. Die verdagte is in sy voertuig afgetrek na inligting verkry is oor onmin waar die voertuig betrokke was.

Die polisie het beslag geneem op twee swart sakkies wat na bewering kokaïen is en die vermeende handelaar is in hegtenis geneem.

LEES OOK

https://www.citizen.co.za/witbank-news/88954/arrested-dagga-items-possession/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/105509/wreed-vermoor-vir-selfone/

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button