‘Ek het op my maag gelê en die vlamme geblus’
“Die huis brand!” was die angsgille waarmee mnr. Johan Snyman, verlede week gekonfronteer is.

“Die huis brand!” was die angsgille waarmee mnr. Johan Snyman, verlede week gekonfronteer is.
Hy woon in ’n woonstel op die erf waar die huisbrand Woensdag, 31 Januarie in Volschenkstraat uitgebreek het. Sy suster en haar familie woon in die huis.
“Ek was in die kamer, toe ek my suster hoor gil het. Ek het gaan kyk en teen die tyd was die een dogter se kamer al redelik erg gebrand. Ek het gevorderde vuuropleiding so ek weet wat om te doen in so situasie,” het Snyman vertel.

Die vertrek van ’n huis in Volschenkstraat wat op Woensdag, 31 Januarie gebrand het.
Snyman het vertel dat hy en sy swaer water in emmers gekry het, maar dat hulle gou besef het dis hopeloos te min.
“Ons het die tuinslang gaan haal, maar die vuur en rook was oral.”
Snyman het gesê dat hy homself natgespuit het, nadat hy besef het die enigste manier om die vuur te blus, was om in die huis in te gaan.

Die toneel waar ’n brand in Volschenkstraat Woensdag, 31 Januarie uitgebreek het.
“Ek het op die grond gaan lê en net die goed om my hoor val, maar die vuur moes geblus word voor dit verder versprei, het ek besef. Ek het die vlamme van onder probeer blus. Die rook was so dig dat ons nie kon sien waar die vlamme is nie,” het hy bygevoeg.

Mnr. Johan Snyman word behandel deur Legacy Emergency Specialists nadat hy die brand by ’n huis in Volschenkstraat op Woensdag, 31 Januarie geblus het
Volgens hom was hy ongeveer 20 minute in die huis, aangesien die brandweer nog nie opgedaag het nie. Hy het geen maskers of klere gehad het wat hom teen die vlammehel kon beskerm nie.
“Ek het my hemp en werkbroek aangehad. Engele het beslis hul beskermde hand oor my gehou.”
Lees die VOL BERIG in die WITBANK NUUS uit vandag
LEES OOK
https://www.citizen.co.za/witbank-news/66456/lee-huis-brand/
https://www.citizen.co.za/witbank-news/104794/huis-brand-af-wyl-gesin-met-vakansie/
