Luislang se kind kom tweede toe Melissa hom vang
’n Luislang is sy middagete kwyt nadat ’n vrou besluit het haar hondekind hoort nie op die luislang se spyskaart nie.

’n Luislang is sy middagete kwyt nadat ’n vrou besluit het haar hondekind hoort nie op die luislang se spyskaart nie.
Melissa Robbertze het haar Jack Russel uit die luislang se greep bevry en die slang gevang.
Melissa weeg skaars 60kg en die slang 23kg. Die slang is 3.67m lank.
LEES OOK
Huisslang toe al die tyd swart mamba
“Ek het al gesien hoe ’n slang agter die kop vasgevat word en toe ek die kans kry toe gryp ek hom. Ek het ’n lekker ‘grip’ gehad.”
Plaaslike slangkenner Piet Wassenaar het gesê die slang is in ’n baie goeie toestand. Hy het die slang op ’n plaas losgelaat.

Piet Wassenaar hou die luislang vas wat ’n vrou Vrydag 9 Februarie gevang het.
Met Klippies, die Jack Russel, gaan dit baie goed.
Lees meer in WITBANK NUUS Vrydag 16 Februarie.
