Melissa skrik nie vir ’n luislang nie
Wat maak jy as jou hond tjank en as jy gaan ondersoek instel sien jy ’n luislang wat nie al te vriendelik met hom speel nie?

Wat maak jy as jou hond tjank en as jy gaan ondersoek instel sien jy ’n luislang wat nie al te vriendelik met hom speel nie?
As jou naam Melissa Robbertze is, spring jy op die slang, bevry jou hond en gooi die slang in ’n sak. Die skraal vroutjie, wat skaars 60kg weeg, het presies dit gedoen.
Vrydag 9 Februarie het Melissa saam met haar honde op hul plaas op die Zaaihoekpad, ongeveer 30km buite eMalahleni, gaan stap.
Nadat haar honde eers ’n kobra doodgemaak het, het sy nooit gedink dat sy minute later met ’n 3.67m lange luislang sou stoei nie.

Wouter Wassenaar, Melissa Robbertze en Piet Wassenaar met die slang wat sy middagete kwyt is.
“Die honde is na ’n nabygeleë stroompie toe om te gaan swem. Almal het teruggekom, behalwe Klippies. Ek het begin roep en bietjie gewag tot hy opdaag. Die volgende oomblik toe hoor ek Klippies huil,” het Melissa vertel.
LEES OOK
Huisslang toe al die tyd swart mamba
Sy het dadelik geweet iets is fout met haar hondekind. Toe sy by die stroompie kom het sy gesien hoe die luislang om Klippies krul.
“Ek het my sleutels en selfoon neergegooi en afgehardloop. Instink het oorgeneem en al waaraan ek kon dink was om Klippies te red.”
Melissa dit reggekry om die slang se gespierde lyf van die hond af te kry.
Lees die VOLLE BERIG in die week se uitgawe van die WITBANK NUUS
