CrimeNews

Geluk vir een voertuigeienaar, ongeluk vir ’n ander

Die toename in kardiefstal is ’n bron van groot kommer in die stad.

Die toename in kardiefstal is ’n bron van groot kommer in die stad.

In een voorval moes mnr. Desmond ‘Des’ Warrener (89) terug stap huis toe nadat sy motor gesteel is.

Sy silwer/grys Volkswagen Golf, 1989-model is drie weke gelede gesteel en dit is nog nie gevind nie.

Op Woensdag, 24 Januarie, het Warrener sy voertuig by Christiaan de Wetstraat geparkeer. Hy het gepatrolleer en het die gemeenskapspolisiëringsforum gehelp om die omgewing te versorg, aangesien daar ‘n groot sportdag by ‘n skool naby was.


Die voertuig wat voor WH de Klerk Skool gesteel is en teruggevind is in Bronkhorstspruit op 9 Februarie.

Toe hy teruggaan om die motor te gaan haal het hy die skok van sy lewe gekry, die voertuig was nie daar nie. Warrener moes huis toe loop, wat 10 minute was van waar hy was.

LEES OOK

Kardiewe hou ‘kar’naval

Diefstal uit motorvoertuig is die nuwe ‘in-ding’

“Ek moet nou mense vra om my rond te ry terwyl ek wag om dalk eendag my voertuig terug te kry. Om nie ’n voertuig te hê nie is ’n marteling. Ek het die motor nodig, want ek kan nie meer ver loop nie, ek is nie meer jonk nie, ” het Warrener gesê.

Die voertuig het splinternuwe bande voor en nuwe skokbrekers aan die agterkant. Die registrasienommer van die motor is BMK 153 MP. As die gemeenskap sy motor sien, kontak asseblief die naaste polisiekantoor.

Op 9 Februarie is nog ’n voertuig gesteel voor WH de Klerk Skool. Volgens die eienaar, me. Susan Esterhuizen, was die voertuig gesluit en alles was in orde voor sy haar voertuig verlaat het. Maar toe sy terugkeer na waar haar silwer Ford Bantam-bakkie geparkeer was, het sy op ’n leë parkering afgekom.

Daar is dadelik ’n saak van voertuigdiefstal geopen by Witbank Polisiestasie en enkele ure na die voorval is me. Esterhuizen in kennis gestel dat haar voertuig opgespoor is.

Die voertuig is in Bronkhorstspruit opgespoor, waar dit sonder wiele verlate gestaan het. Track It 24/7 in samewerking met die polisie het die voertuig terugbesorg aan die eienaar.

“Dit is deesdae so belangrik om by ’n opsporingsmaatskappy aan te teken, daar is dan meer as 90% kans dat die eienaar sy of haar voertuig kan terugvind,” het ’n werker van ’n opsporingsmaatskappy ten slotte gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button