CrimeNews

Man vertel van kaping

ֹ’n Man het ’n noue ontkoming gehad toe hy onverhoeds deur vier mans oorval is.

ֹ’n Man het ’n noue ontkoming gehad toe hy onverhoeds deur vier mans oorval is.
Mnr. Braam Joubert se bakkie is Donderdag, 10 Mei in Clewer gekaap.

Hy het vroegoggend besigheid by ’n plaaslike besigheid in Clewer gedoen en was op pad terug toe hy by ’n stopstraat agter drie trokke moes wag.

As gevolg van die hope verkeer op die pad kon die trokke nie die pad oorsteek nie. Hy het geduldig gewag toe hy ’n harde klapgeluid hoor.

“My agterruit is uitgeslaan. Skielik was daar twee mans voor my, een aan die agterkant van die bakkie en een aan die bestuurder se kant. Die een naaste aan my het die deur oopgeruk en gesê “get out!”. Toe ek oor die een se skouer kyk, het ’n ou madala aan die anderkant van die pad vir my gewys ek moet nie terugbaklei nie,” het Joubert vertel.

Drie mans het in sy bakkie gespring en die vierde een wou hom aanrand vir sy selfoon.

“Hy het ’n slaanding in sy hand gehad. Ek het net daar besluit dis aardse goed en die selfoon vir hom gegee.”

Die vierstuks het ’n ent verder met die bakkie teen ’n boomstomp vas gejaag.
Werkers van ’n nabygeleë myn het die bakkie opgemerk en gaan ondersoek instel. Hulle het Joubert se tweerigtingradio wat in die bakkie was, gebruik om met sy drywers in aanraking te kom.

LEES OOK

Kapings vind plaas tussen inwoners

Kapings se syfers klim

Die werkers het die bakkie na hul kantore geneem waar Joubert dit gaan haal het.

“’n Mens kan jouself nie indink wat op daardie oomblik deur jou gedagtes gaan nie. Alles het in sekondes plaasgevind. Die enigste woord wat ek kan gebruik om alles te beskryf is verslaendheid.”


Mnr. Braam Joubert is ook ’n kaping-statistiek.

Mnr. Michael Ludidi het nog geen oog toegemaak sedert sy kar op 11 Mei gekaap is nie.

Ludidi het vertel dat hy by die verkeerslig op die hoek van Jellicoe- en Mandelastraat gewag het vir sy beurt om te ry toe twee mans, waarvan een gewapen was, aan sy venster geklop het. Hulle het in die kar gespring en hom aangesê om uit te klim.

“Waarheen gaan ons land? Ons kan nie eers meer veilig wees in ons eie karre nie,” het Lubidi ontsteld gesê.

Dis nie net voertuie wat in kapers se visier is nie. Swaarvoertuie is ook op hul ‘inkopielys’.
Mnr. Thokozani Msiza van NJP Transport is oorrompel toe hy omstreeks 21:50 gestop het om iets te koop om te eet en weer terug wou klim is die trok.

Onbekende mans het op hom gewag, hom oorrompel, vasgebind en aangesê om op die agtersitplek te ‘slaap’. Die mans was ook gewapen.

Hulle het hom later afgelaai. Toe hy hoor dis stil, het hy na die naaste pad gestap. Daar het hy sy trok gekry.

Ongelukkig is al die dryfaste afgesteel en die maatskappy het R80 000 skade gelei.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button