CrimeNews

Daggahandel van die strate verwyder

Twee ‘daggahandelaars’ is van ons strate verwyder nadat polisie patrolleer het

Twee ‘daggahandelaars’ is van ons strate verwyder nadat polisie patrolleer het. Op Vrydag, 22 Junie, is twee verdagtes gearresteer terwyl die polisie besig was met patrollie in die dorp.

Een man is ongeveer 12:30 gearresteer vir die besit van dagga met geen bekende straatwaarde nie.


Dwelms wat van die strate verwyder is, in onlangse patrollies.


Dwelms wat van die strate verwyder is, in onlangse patrollies.

Nog ’n verdagte is op dieselfde dag om ongeveer 10.30 gearresteer. Dit was ook tydens die polisie se patrollie; die dagga het ’n geskatte straatwaarde van R120.

LEES OOK

Dwelms op straat, skelms in tronk

Dagga, die deur na harde dwelms

Ander arrestasies is ook op 13 en 14 Junie gemaak toe die polisie weereens in ons stad toegeslaan het.

’n Man is op 13 Junie gearresteer nadat hy by ’n verkeerslig in die Sentrale Besigheidsdistrik deur ’n polisiebeampte voorgekeer is. Die man is deur die beampte deursoek en vermoedelik dwelms in sy besit gekry met ’n straatwaarde van ongeveer R50.


Dwelms wat van die strate verwyder is, in onlangse patrollies.

’n Arrestasie is op 14 Junie gemaak waar ’n man in Jellicoestraat gearresteer is. Hy is deursoek en vier soliede foeliestukkies is in sy besit gevind. Daar was dwelms in met ’n geskatte straatwaarde van R400.

Nog dwelms is by ’n man gekonfiskeer met ’n geskatte straatwaarde van R150, ook op dieselfde dag. Die man het langs die pad gestaan waarna hy deur die polisie ondersoek is. Twee plastieksakkies is in sy besit gevind en hy is gearresteer.

’n Groep mans is ook op bogenoemde dag gearresteer, waar hulle in ’n parkeerterrein gestaan het. Terwyl die polisie hulle deursoek het, het een van die verdagtes iets in sy mond gesit. Die plastieksakkie het vermoedelik dwelms bevat, met ’n geskatte straatwaarde van R100.


Dwelms wat van die strate verwyder is, in onlangse patrollies.


Dwelms wat van die strate verwyder is, in onlangse patrollies.

Kapt Eddie Hall, woordvoerder van die Witbank Polisie het gesê dat die polisie se dwelm taakmag die publiek waarsku dat alle dwelmverkopers en -gebruikers opgespoor en gearresteer sal word.

“Dit blyk dat die nuutste tendens in ons stad meer harde dwelms, soos heroïne en kokaïne is. Forensiese ondersoeke dui daarop dat die dwelms nie ‘skoon’ is nie. Dit word gemeng met allerhande chemikalieë wat tot jou dood sal lei” .

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button