CrimeNews

Rowers wond man in arm tydens inbraak

’n Gesin is nou ekstra paraat nadat ’n man in sy arm gewond is in Opheliastraat.

’n Gesin is nou ekstra paraat nadat ’n man in sy arm gewond is in Opheliastraat.

Die man is geskiet tydens ’n inbraak in die vroeë oggendure van Vrydag, 29 Junie.

Daar word vermoed dat die vier onbekende mans toegang tot die huis verkry het deur ’n skuifdeur, net voor 03:00 daardie oggend.

Me. Elsa Snell het aan die polisie vertel dat hulle wakker geword het van die honde se vreeslike geblaf. Sy het gesê dat haar man gekyk het, maar kon niks sien nie. Die alarm het glo kort daarna afgegaan en haar man het die alarm gedeaktiveer en die lig aangesit. Buite die slaapkamer het ’n onbekende man hom ingewag.

Volgens Snell het haar man vir haar geskree om in die kamer te bly en die paniekknoppie te druk. Die sekuriteitsmaatskappy het hulle gekontak en hulle het die voorval onder die maatskappy se aandag gebring.

Snell het verder gesê dat haar man in sy arm geskiet is en dat hul televisie gesteel is.

LEES OOK

Polisieman in skietvoorval gewond

Wimpie sterk goed aan

Dié skoot het die bure se aandag getrek en ’n noodkreet is ingeroep op die Hoëveldpark buurtwag se oop kanaal.

Paramedici en die polisie is na die toneel ontbied en die pasiënt is gestabiliseer en na die naaste hospitaal geneem. Reaksielede van die South African Community Crime Watch (SACCW) het ’n soektog geloods na die verdagtes met ’n televisie. Lede van Hoëveldpark, Blancheville, Seekoeiwaterplotte en Jackarooplotte het bymekaar gekom en die area patrolleer tot 04:30.

Daar word ook beweer dat die verdagtes glo deur ’n kussing geskiet het, wat die klank baie verdof het.

“Soos hul eie tipe ‘silencer’,” het een van die bystanders die aand gesê.

Me. Maureen Scheepers, operasie koördineerder wil alle lede betrokke bedank vir hul moeite en hul tyd opgeoffer.

Die slagoffers was nie beskikbaar vir kommentaar teen druktyd nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button