CrimeNews

Kolskoot! Poging tot moord

Die son skyn flou op die kepse en kopstukke van vroegoggend voetgangers en sluip skelm deur die splinternuwe koeëlronde gat in mnr. Roger Mogadima se werksbakkie se voorste ruit.

Die son skyn flou op die kepse en kopstukke van vroegoggend voetgangers en sluip skelm deur die splinternuwe koeëlronde gat in mnr. Roger Mogadima se werksbakkie se voorste ruit.

Mogadima en drie kollegas was 27 Junie omstreeks 06:30 oppad werk toe in die werk se Nissan 1400 bakkie toe skote skielik die oggendstilte verbreek.

Volgens Mogadima is die koeël afgevuur vanuit ʼn Quantum minibus waaragter hulle gery het op hulle roete langs die Klarinet sportvelde verby.

LEES OOK

Ma en seun vertel van hel

Sigaret-kapers voel die hitte

Onseker oor die situasie het Mogadima onder die stuurwiel van die motor weggekruip tot hy seker was dat die bedreiging weg was.

Hy het direk van die toneel van die skietery af polisiestasie toe gery. Die polisie het ʼn saak van poging tot moord oopgemaak en ondersoek die voorval.


Die koeëlgat in die Nissan 1400 se ruit

Die koeël is deur die bestuurderskant se voorste ruit, waar dit Mogadima met sentimeters gemis het en is weer uit deur die voertuig se agterste ruit.

Mogadima het aan die polisie gesê dat hy nie weet wat die motief vir die aanval was of wie die skutters was nie.

Back to top button