CrimeNews

Klim in deur dak, dan wat?

Diewe in Tasbetpark het nêrens gehad om heen te gaan, nadat hul deur ʼn huis se dak ingeklim het nie.

Diewe in Tasbetpark het nêrens gehad om heen te gaan, nadat hul deur ʼn huis se dak ingeklim het nie.


Diefwering van ’n huis in Tasbetpark wat vermoedelik afgesaag is.

Vroeg Donderdagoggend, 12 Julie, het inbrekers teëls van ʼn huis se dak geskuif en ʼn opening gemaak om deur te klim. Maar toe hulle in die huis is, het hulle skielik tot die besef gekom dat die opening nie groot genoeg gaan wees om die huis inhoud uit te dra nie.

LEES OOK

VIDEO: Skelm rig groot skade aan by Laerskool Taalfees

Verdagtes vasgetrek tydens inbraak

Volgens die inwoner van die huis is die diefwering met ʼn skerp voorwerp gebreek om deur te kan klim.

“My vrou het my gebel en ek het vir Maureen Scheepers gebel. Sy het my so baie gehelp. Ek is so dankbaar vir haar en my buurman wat my vrou en twee dogters gehelp het. Ek was nie by die huis tydens die voorval nie,” het die inwoner van die huis gesê.


Diefwering van ’n huis in Tasbetpark wat vermoedelik afgesaag is.

“My vrou het my gebel toe sy iemand in die huis gehoor het en ek het vir haar gesê om nie te skree nie, maar om die paniekknoppie te druk. Die alarm het afgegaan wat die inbrekers skrik op die lyf gejaag het. My buurman het gesien hoe die diewe oor die muur spring.”

ʼn Saak van huisbraak is by die polisie geopen en word verder ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button