
’n Pandjieswinkel in Klipfontein se beleid is om saam die polisie en gemeenskap te werk en doen beslis hul deel.

Die verdagtes wat probeer het om gesteelde items te verpand.

Die verdagtes wat probeer het om gesteelde items te verpand.

Die verdagtes wat probeer het om gesteelde items te verpand.
Op Maandag, 16 Julie, was daar ’n voorval waar gesteelde goedere teruggekry is, te danke aan die pandjieswinkel wat paraat was.
“Lede van die gemeenskap het gisteroggend kom vra of hul items wat gesteel is, nie miskien verpand is nie. Ons het die items se beskrywings en reeksnommers neergeskryf en toe kom die ‘verdagtes’ wraggies gistermiddag hier in,” het die bestuurder van die winkel Dinsdag, 17 Julie gesê.
LEES OOK
“Ons hou maar boek soos die mense hier inkom en sê dat daar byvoorbeeld by hul huis ingebreek is. Ons skryf die reeksnommers neer en vergelyk dit dan met items wat ingebring word vir verkoop.”
Die bestuurder van die betrokke pandjieswinkel het ook gesê dat toe die mans Maandagmiddag daar instap, almal vir mekaar gekyk het want hulle het dadelik vermoed dat die gesteelde items verpand gaan word.

Die voertuig waarin die verdagtes vermoedelik gery het.
“Ons het die mans laat inkom en die deure agter hulle toegemaak. Ons het die paniekknoppie gedruk en die sekuriteitswag van die gebou in kennis gestel. So ook die kliënt van vroeër die dag laat weet en die polisie gekontak. Dit is prosedure vir ons om hulle hier te hou sodra ons onraad vermoed,” het die bestuurder bygevoeg.
“Dit is maar net vir ons, om te verseker dat ons nie goed verkoop wat gister of verlede week by jou huis gesteel is nie. Hou boek van alle aankope se reeksnommers, dit help baie sou die slagoffers nie versekering hê nie.”
Lede van die SACCW (South African Community Crime Watch) was op die toneel, sowel as CSC Tactical, die winkel se sekuriteitsmaatskappy.

Gesteelde items is probeer verpand, asook items in die verdagtes se voertuig gevind.

Gesteelde items is probeer verpand, asook items in die verdagtes se voertuig gevind.

Gesteelde items is probeer verpand, asook items in die verdagtes se voertuig gevind.
Daar word vermoed dat die voertuig, ’n swart Volkswagen Golf, waarmee die verdagtes gery het ook moontlik gesteel is.
Onder die gesteelde items was daar verskeie kaarte in die voertuig, sowel as skootrekenaars, nommerplate en meer.
’n Kriminele saak is teen die verdagtes geopen.
