CrimeNewsUpdate

Operasies aaneen om been te heg

Die Slabbert-gesin* tel steeds die letsels op nadat mnr. Slabbert by sy werksplek geskiet is.

Die Slabbert-gesin* tel steeds die letsels op nadat mnr. Slabbert by sy werksplek geskiet is.

Die voorval het Saterdag 7 Julie gebeur en sy vrou, me. Joanie* het gesê dat die geestelike herstelproses maar baie tydsaam is.


Piet Slabbert* sterk steeds aan in die hospitaal.

“Piet word vandag weer geopereer om te kyk of die wond toegemaak kan word. Dit was oopgesny om die drukking te verlig na die voorval, nadat die koeël van die are in sy been beskadig het. Hy het gevoel in sy hele voet, maar dit hang. So hy het ’n stut waarsonder hy nie kan loop nie. Hy loop natuurlik nou nog glad nie, dit is te seer,” het me. Slabbert Dinsdagmiddag, 17 Julie, gesê.

LEES OOK

Rowers volg man wat geld trek tot by sy huis en skiet hom

Man doodgeskiet, rowers vlug met selfone en kontant

Hy is sedert die voorval in die hospitaal vir behandeling en om die wond te heg.

Me. Slabbert het bygevoeg dat sy in konstante paranoia na die voorval is.

“Hulle het ons lewens kom verwoes. Mens is bang hulle kom terug.”

Sy het wel Dinsdag goeie nuus ontvang nadat Piet uit teater gekom het:

“Die wond is toe en die pomp is uit. Dis wonderlike nuus.”

Die skietvoorval wat op bogenoemde datum plaasgevind het, was kort na mnr. Slabbert by FNB in Klipfontein was om geld te onttrek.
Soos verlede week berig:

“Ek het by die venster gestaan en op die kamera gesien hoe die silwer BMW agter hom aanry, en twee mans het uit die voertuig gespring nog voor hulle in die erf was. Die BMW het voor die ingang gestaan sodat Piet nie kon wegjaag nie. Elkeen het met ’n vuurwapen teen sy venster gestaan en ek het net geweet hulle gaan hom skiet. En toe klap die skoot,” het me. Slabbert die gebeure herroep.


Mnr. Piet Slabbert se wonde wat geheg moet word.

Die bank is gekontak vir terugvoer, maar niks is teen druktyd ontvang nie. ’n Saak van gewapende roof is ook by die polisie geopen en word tans steeds ondersoek.

*Skuilname is gebruik om die identiteit van die betrokke slagoffers te beskerm.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button