CrimeNews

KYK VIDEO: Die Volvo-bende steel TV’s

Die blou BMW-bende was alombekend in ons stad. Nou is dit die wit Volvo se beurt.

Die blou BMW-bende was alombekend in ons stad. Nou is dit die wit Volvo se beurt.

Op Donderdag, 26 Julie, is die voertuig gesien by twee huise en vermoedelik by ’n derde huis. By die huis in Oudtshoornstraat is die hek van sy spoor afgelig en die veiligheidshek is oop gebuig.

“Ons het ’n trellidor wat blykbaar nie veel help nie. Die verdagtes het toegang tot die huis verkry by die kombuisdeur deur net bogenoemde hek oop te buig. Die alarm het afgegaan en hulle was baie vinnig. Ons televisie is gesteel, saam selfone en al my juwele,” het me. Elrie Shoobert gesê.


Die wit Volvo by die huis in Oudtshoornstraat.

Beeldmateriaal van die insident is op kamera vasgevang. Inwoners van dieselfde straat het kameras wat ’n gedeelte van die straat vasvang.
In nog ’n insident op dieselfde dag in Capellastraat is ’n televisie, skootrekenaar, kamera, video kamera, ketel, klere en beddegoed gesteel.

LEES OOK

Video: Dief steel kamera uit voertuig

BMW bende teiken Ben Fleur

Me. Elizabeth Meiring het Maandag, 30 Julie, gesê dat sy omstreeks 12:05 gery het om haar kind by die skool te gaan haal en dat die verdagtes om 13:05 in die huis ingegaan het.

“Ons bly in ’n kompleks met drie huise en die ander huis het sekuriteitskameras. Hulle was omtrent ’n minuut lank in ons huis. Die skuifhek na die kompleks is slegs van die spoor afgelig en die veiligheidshek is oopgebreek. Hulle het die huis vreeslik omgekrap en bogenoemde items gesteel.”

Sy het bygevoeg dat ’n wit Volvo hier ook betrokke was.

*In ’n derde insident was daar klaarblyklik ook by ’n huis in Gordonstraat ingebreek, kort na die eerste inbraak. Meer inligting rakende die inbraak is nie duidelik nie, maar daar word beweer dat dieselfde wit Volvo hier betrokke was.

Al die sake word ondersoek en die polisie waarsku inwoners om op die uitkyk te wees vir die betrokke voertuig.


Die sekuriteitshek wat oopgebreek is in Oudtshoornstraat.

Die noodkrete van Capella- en Oudtshoornstraat is op die SACCW (South African Community Crime Watch) se oop kanaal ingeroep. Die polisie is ook dadelik na die tonele ontbied.

“Reaksielede het uitgejaag na waar die verdagtes moontlik kon wees, maar kon hulle ongelukkig nie betyds inhaal nie. Die voertuig is in Del Judor, naby Hoërskool Patriot verloor en is na geduldbrug se kant sien jaag. Ons neem aan die voertuig is snelweg toe. Ons moedig die publiek aan om in te skakel by die verskeie buurtwagte sodat inligting vinnig deurgegee kan word en die verdagtes sodoende vasgetrek kan word,” het me. Maureen Scheepers, operasie koördineerder van die SACCW gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button