
Dit blyk dat ouer voertuie die teiken is en bestuurders van hierdie voertuie moet veral bedag wees.
‘Be on the lookout’ is talle kere op die SACCW (South African Community Crime Watch) se Facebook-blad gelaai, nadat hierdie voertuie as gesteel aangemeld is.

’n Gesteelde bakkie (foto: SACCW).
’n Groen Ford Lazer is in Aquariusstraat in Reynorif gesteel, met registrasienommer HWX 017 MP.
’n Rooi Hyundai i20 met registrasienommer HBS 804 MP is ook gesteel in Tasbetpark Uitbreiding 1.
LEES OOK
Voertuig gesteel en teruggekry
Voertuie in helder daglig gesteel
By ’n laerskool is ’n 1997-model Isuzu dubbelkajuit bakkie gesteel. Die bakkie het groen strepe aan beide kante. Die registrasienommer is BHJ 503 MP.
’n Maroen Mazda 323 1998-model is by die Smokey Mountain-gebou gesteel, met registrasienommer DNR 504 MP.
Indien enige van die voertuie opgemerk word, kontak die SAPD direk by 013 655 5051/2. Kontak Maureen Scheepers by 082 565 6770 of David Wessels by 072 777 3012. Die publiek kan ook inroep op die zello-kanaal: https://zello.com/SACCW.
Daar is ook ’n waarskuwing op hul Facebook-blad geplaas, na hierdie ‘tendens’ opgemerk is.

Een van die gesteelde voertuie (foto: SACCW).
Hulle raai die publiek aan om alarmsisteme in hierdie voertuie te installeer, of opsporingstoestelle en om die voertuie te verseker.
“Sekuriteit in hierdie voertuie is van kardinale belang en dit sal so groot verskil maak om die voertuie op te spoor wanneer dit gesteel word,” het Scheepers gesê.
Algemene wenke is deurgegee:
• Verseker dat jou voertuig gesluit is en in ’n area parkeer is waar sekuriteitswagte sigbaar en beskikbaar is. Verseker dat jou voertuig sekuriteitstoestelle het en dat dit in ’n werkende toestand is.
• Moet nie enige waardevolle items in sigbare plekke los nie en kyk uit wat in die omgewing aan die gang is. “Al hierdie voertuie is by groot byeenkomste gesteel, soos kerke, sportbyeenkomste en dies meer. Wees ekstra versigtig wanneer jy by hierdie plekke parkeer,” het Scheepers bygevoeg.
• Sy het ook voorgestel dat wanneer jy nie jou voertuig se registrasienommer ken nie, skryf dit iewers neer en hou dit op ’n veilige plek. “Dit is baie belangrik dat jy die voertuig se volle besonderhede weergee wanneer dit as gesteel aangemeld word.”
• Neem foto’s van jou voertuig vir ‘Be on the lookout’ doeleindes, sou jou voertuig gesteel word.
• Neem ook foto’s van die lisensieskyf, enige kenmerke soos krapmerke of skraapmerke, plakkers en so meer.
