CrimeNews

Sewe keer geskiet maar nie beroof nie

Mnr. Anton de Beer* het homself op die vloer, in ’n plas van sy eie bloed bevind ná ’n aand van lag en kuier by sy huis.

Mnr. Anton de Beer* het homself op die vloer, in ’n plas van sy eie bloed bevind ná ’n aand van lag en kuier by sy huis. Niemand het gedink die aand sou só uitdraai nie.

De Beer, sy meisie en sy neef het om ’n gesellige vuur buite gesit toe die gewapende mans die erf binnekom.

Twee van die drie mans het onmiddellik op De Beer begin skiet. In die proses het hulle baie van sy huis se vensters uitgeskiet.
De Beer, sy meisie en sy neef het in die huis in gevlug met koeëls wat om hul reën.

Al drie onskuldiges het verskillende wegkruipplekke binne in die huis gesoek en gebid dat die kriminele hulle nie sou vind nie.

LEES OOK

Man doodgeskiet, rowers vlug met selfone en kontant

Rowers volg man wat geld trek tot by sy huis en skiet hom

Ongelukkig het die booswigte De Beer gevind en hom geskop terwyl hy op die vloer lê en probeer keer vir sy kop.

Die aanranding was nie al wat die kriminele beplan het vir De Beer nie; hulle het hom sewe keer geskiet, in die bors, rug en bobeen.


Mnr. Anton de Beer* het homself op die vloer, in ’n plas van sy eie bloed bevind ná ’n aand van lag en kuier by sy huis.

Gedurende die hele voorval het nie een van die drie mans een keer iets vir De Beer gesê nie en niks is uit die huis uit gesteel nie.

Mr de Beer se meisie en neef het ongedeerd daarvan afgekom

*Name is verander om die slagoffer se identiteit te beskerm.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button