CrimeNews

Diefstal by dosyne in Reynorif

Nog ’n saak van diefstal en huisbraak is geopen die afgelope week by Witbank Polisiestasie soos Reynorif inwoners daagliks teikens word.

By die voorval wat op 2 Augustus aangemeld is, het dit aan die lig gekom dat die nuutste manier vir boewe is om hul volgende teiken te merk met vasgemaakte grassies op veiligheidsdrade.

“Hulle vat gewone veldgras en maak dit so ewe vas in strikkies om jou palissades of heinings,” het ’n bekommerde inwoner vertel.

Alhoewel die inwoners in daardie area uiters paraat is, het daar wel nog net een voorval gebeur waar inwoners wakker geword het met beweging in hul erf.

LEES OOK

Inbrake soos ’n verslawing

Huis inbrake seëvier

Die boewe het nie toegang verkry na die huis toe nie, maar het wel daarin geslaag om ’n fiets en tuingereedskap te steel en te vlug.
Die SACCW konsentreer hard op dié probleem area en sal misdaad bekamp waar hul kan.

Witbank Polisie se woordvoerder, sersant David Ratau het bygevoeg dat die meerderheid inbrake deesdae helder oordag in die Reynorif-area plaasvind.

“Ons vra die inwoners van dié woongebied om op hul hoede te wees en enige iets buitengewoon sal rapporteer aan ons of die polisie. Inwoners kan gerus aansluit by die buurwag want op die ou einde is ons inwoners mekaar se oë en ore,” het Maureen Scheepers van SACCW ten slotte gesê.

Om aan te sluit by die Reynorif-buurtwag, kan Lucas Smith geskakel word: 071 014 4792.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button