CrimeNews

Pille en parfuum op diewe se inkopielys

Ga-Nala is in rep en roer na drie vrouens hulself as eiendomsagente voorgedoen en die huis besteel het.

Ga-Nala is in rep en roer na drie vrouens hulself as eiendomsagente voorgedoen en die huis besteel het.

Die drie vrouens het Donderdag, 29 Augustus, by ’n huis in Loopstraat ingeloop en aan die bediende gesê dat die eienaar van die huis die huis in die mark wil sit en hulle aangesê het om dit te doen.

“My bediende wou hulle eers nie toelaat nie. Sy sal nie sommer iemand toelaat as ek haar nie eers daarvan gesê het nie. Een van die ‘huisagente’ het gemaak of hulle my bel en gesê ek het bevestig dat die huis in die mark is en dat hulle kan voortgaan,” het me. Carin Vorster Veldman gesê.

ALSO READ

Honde word uitgewis en inwoners besteel

Slagoffer besteel, nie aangehou

Terwyl die een vrou die bediende besig gehou het, het die ander twee op hul tyd deur die huis gestap en verskeie items gesteel.

“Hulle het alles geneem wat in hul drasakke kon pas. So is my seun se Xbox, twee skootrekenaars, Ipads, parfuum en Adco-dol hoofpynpille gesteel.”

Me. Vorster Veldman het gesê hulle huis is beslis dopgehou want die vrouens het geweet wanneer haar bediende alleen by die huis was.

Inwoners van Ga-Nala word gewaarsku om op die uitkyk te wees vir die drie vrouens.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button