CrimeNews

Diewe kom nie weg in Jackaroopark nie

Daar was geen uitkomkans vir diewe in Jackaroopark nie, nadat hulle betrap is met gesteelde goedere in hul besit.

Daar was geen uitkomkans vir diewe in Jackaroopark nie, nadat hulle betrap is met gesteelde goedere in hul besit.

Mnr. Rassie van der Lith, voorsitter van Jackaroopark en lid van die SACCW (South African Community Crime Watch) het gesê dat hulle op twee dae diewe met gesteelde items in hul besit betrap het.


Die toneel waar ’n man met gesteelde items in sy besit betrap is.

“Die eerste insident was Saterdagaand, toe ons die man sien by die erf uitsluip. Die inwoners was nie by die huis nie, maar ons het hulle laat weet en hulle het bevestig die plastiek tuinstel is wel hulle s’n,” het Van der Lith gesê.

ALSO READ

SACCW Witbank Crime prevention weekend

Successful recovery by SACCW

Hy het bygevoeg dat hulle ’n oproep ontvang het, vroeg Dinsdagoggend van ’n ander inwoner met ’n vermeende inbreker in hul erf. Hy het gesê dat die verdagte ’n sak vol koperdrade, wieldoppe en meer in sy besit gehad het.

“Die verdagte het die goed oor die muur gegooi in die veld en die klank hiervan het die huiseienaar wakker gemaak. Hy het die verdagte vasgetrek en ons het die polisie na die huis ontbied,” het Van der Lith bygevoeg.

Hy het gesê dat in die byna drie jaar wat hy in die area bly, net ‘petty’ misdade plaasvind.


Die verdagte vasgetrek op Maandag, 17 September.

“Die inwoners moet verstaan dat die area ’n deurloop is van MNS plakkerskamp na die dorp. Goed word uit die erwe gesteel, maar ons het nie gewapende verdagtes of baie ernstige misdade nie.”

Vir enige noodgevalle in die Jackaroopark-area, skakel Rassie van der Lith by 079 529 5202 of Willie van der Merwe by 083 267 4033. Daar kan ook op die zello-kanaal ingeroep word: https://zello.com/SACCW.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button