CrimeNews

Geroof met vuurwapens, volop in ons stad

’n Tendens wat blyk of dit kop uitsteek, is die een van inwoners van ons stad wat met vuurwapens beroof word

’n Tendens wat blyk of dit kop uitsteek, is die een van inwoners van ons stad wat met vuurwapens beroof word.

Op Saterdag, 27 September, is ’n man omstreeks 16:00 van sy bankkaarte, selfoon en kontant beroof.

Hy het aan polisie vertel dat hy by ’n winkel in Klipfontein parkeer het en in sy voertuig bly sit het.

Twee mans het glo sy voertuigdeur oopgemaak, die een agter het die vuurwapen oorgehaal en dit teen sy kop gehou. Die ander man het vir die slagoffer gesê om sy samewerking te gee en bogenoemde items gevat.

LEES OOK

Sewe keer geskiet maar nie beroof nie

Kort voor middernag beroof

Hulle het glo met ’n wit Golf gery, met onbekende nommerplate en kort daarna geld uit sy rekening getrek. Die kaart is ook by ’n nabygeleë winkel gebruik.

In ’n ander geval op Dinsdag, 25 September, omstreeks 19:30, het die slagoffer saam ’n vriend geloop toe twee mans in hul rigting gestap kom, hul glo begin vloek en een verdagte het glo ’n vuurwapen in sy besit gehad.

Die slagoffers is deursoek en ’n skoot is glo in die grond afgevuur, waarna die verdagtes weg is met twee selfone.

Beide sake word steeds deur die polisie ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button