CrimeNews

Lang vingers in Jackaroopark

Diewe met lang vingers het inwoners van Jackaroopark besteel

Diewe met lang vingers het inwoners van Jackaroopark besteel.

Die afgelope naweek het talle inwoners deurgeloop en in twee gevalle is voertuigbattery gesteel. Sondagaand, 7 Oktober, is wiele van ’n voertuig afgesteel.

Een van die slagoffers, mnr. Quinton Jenkins het vertel dat die diewe sy voertuig se venster stukkend gegooi het, daarna vermoedelik deurgehang en die enjinkap oopgemaak.

“Hulle het toe die battery afgeknip sodat die alarm nie skree nie. In my erf was ook ’n gassilinder wat hulle ontkoppel het en saamgevat het. Ek dink die inwoners moet maar seker maak hulle het buiteligte wat aan is, veral agter in die erf,” het Jenkins gesê.

LEES OOK

We want water

Crime on the rise at Jackaroo plots
Die ander slagoffer was nie beskikbaar vir kommentaar nie.

In ’n derde insident is ’n inwoner se bakkie se wiele afgesteel en die voertuig is op bakstene gelos.


Een van die voertuie in Jackaroopark se wiele is afgesteel.

In ’n vorige berig het mnr. Rassie van der Lith, voorsitter van die buurt se buurtwag gesê dat hy al byna drie jaar in die area woonagtig is, en net ‘petty’ misdade plaasvind.

“Die inwoners moet verstaan dat die area ’n deurloop is van MNS plakkerskamp na die dorp. Goed word uit die erwe gesteel, maar ons het nie gewapende verdagtes of baie ernstige misdade nie.”

Vir enige noodgevalle in die Jackaroopark-area, kontak Rassie van der Lith: 079 529 5202 of Willie van der Merwe: 083 267 4033. Daar kan ook op die zello-kanaal ingeroep word: https://zello.com/SACCW.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button