CrimeNews

OLX-sindikaat vasgetrek

Lede van die OLX-sindikaat is vasgetrek nadat hulle vir die laaste keer die verkeerde mense gekul het.

Lede van die OLX-sindikaat is vasgetrek nadat hulle vir die laaste keer die verkeerde mense gekul het.

James, Sebastian of George, soos die meesterbrein agter die sindikaat bekendstaan en sy trawante is Donderdag, 11 Oktober vasgetrek.

WITBANK NUUS het in die uitgawe van Vrydag, 5 Oktober berig oor plaaslike inwoner, mnr. Josh Pretorius en sy seun, wat deur dié sindikaat beroof is.

Pretorius het vertel dat hy en sy seun na Vanderbijlpark gery het om sy seun se motorfiets te verkoop na hul advertensie op OLX.

“Ons het Saterdag, 29 September ’n oproep van ’n ou ontvang, glo uit Namibië. Die ou het die advertensie gesien en gesê hy soek die motorfiets. Sy swaer wou glo die motorfiets sien, wat dan vir ons die geld sal oorbetaal. Hulle het gesê ons hoef nie die fiets saam te bring nie, hulle sal dit op 29 Oktober kom haal. Hulle wil net die geld oorbetaal en ’n ‘sales agreement’ teken,” het Pretorius vroeër vertel.

Met hul aankoms by die huis is Pretorius se seun na ’n vertrek geneem en Pretorius self is deur drie mans, wat gewapen was, gedwing om bank toe te ry.

LEES OOK

Geroof met vuurwapens, volop in ons stad

Pasop aan wie jy goed verkoop

Hiér is hy gedwing om sy bankrekening leeg te trek en die geld aan hulle te oorhandig anders gaan hulle sy seun skiet.
Intussen het dit aan die lig gekom dat verskeie mense regoor die land slagoffers van dieselfde sindikaat was.

Carte Blanche het tydens ’n uitsending op Sondag, 14 Oktober verskeie onderhoude gedoen met van die slagoffers en in hul eie ondersoek die sindikaat aan die kaak gestel.

Pretorius en sy seun, asook ’n slagoffer van Rustenburg, Christo van den Berg, het hul verhale vertel.

Wat as ’n gevaarlike operasie beskou is deur Carte Blanche joernalis, Macfarlane Moleli, is die ‘king pin’ vasgetrek, asook sy ‘minions’ wat deurgegaan het met die ‘transaksies’ en meer as R100 000 by slegs die twee bogenoemde slagoffers in harde kontant gemaak het.

Tydens die uitsending is bekend gemaak dat hierdie sindikaat vir ongeveer vyf jaar al besig is om onskuldige voertuigverkopers te beroof. Daar is ook vervalste geld en onwettige diamante in die verdagtes se besit gevind.

Carte Blanche het ook berig dat die polisiewoordvoerder vir Gauteng, lt.kol. Lungelo Dlamini bevestig het dat daar tydens ’n operasie deur die Gautengse SAPD Misdaadeenheid asook die misdaad intelligensie-eenheid ’n groep van vyf mans gearresteer is wat glo betrokke is by ’n sindikaat.

“Die verdagtes gaan binnekort in die Vanderbijlpark Landdroshof verskyn op aanklag van roof, ontvoering en aanranding,” het hy gesê.

OLX het in ’n verklaring terugvoer gegee:

“Die veiligheid van ons klante is ongelooflik belangrik vir ons. Ons vertrou grootliks op tegnologie om enige bedrieglike gebruikers uit te wys en werk saam met die SAPD om die oortreders vas te trek.”

*Die uitsending is te sien op www.carteblanche.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button