CrimeNews

‘Jackaroo Bush’ man vasgetrek oor gesteelde items

’n Man, wat in ‘Jackaroo Bush’ bly het sy moses teëgekom toe hy met onder andere ’n fiets en motorfietsbande in sy besit gevind is.

’n Man, wat in ‘Jackaroo Bush’ bly het sy moses teëgekom toe hy met onder andere ’n fiets en motorfietsbande in sy besit gevind is.


Die fiets wat die verdagte vermoedelik wou steel.

Saterdagoggend, 20 Oktober, omstreeks 03:00 het die Jackaroopark-buurtwag ’n noodroep ontvang van ’n inwoner in Eileenstraat. Die inwoner het gesê dat sy vermoed iemand is in die erf.

“Ons het reageer op die oproep en toe ons daar aankom gesien die hek staan oop. Ons reaksiespan is links en regs om die huis en die verdagte het die flitsligte gesien. Die items wat hy vermoedelik wou steel was alles voor die ingang van die huis gepak. Ons het hom vasgetrek en die polisie is na die toneel ontbied,” het mnr. Rassie van der Lith, voorsitter van die buurtwag, gesê.

LEES OOK

Voertuie in helder daglig gesteel

Nog besighede die teiken, geld en selfone gesteel

“Die man was besig om goed uit die motorhuis te steel.”

Van der Lith het bygevoeg dat met die polisie se aankoms het hulle hom gevra vir sy adres, maar dat hy geantwoord het hy bly in ‘Jackaroo Bush’. Die man is gearresteer en ’n saak van huisbraak is geopen.


Die motorhuis se deur is net groot genoeg oopgemaak.

Vir enige noodgevalle in die Jackaroopark-area skakel Rassie van der Lith: 079 529 5202 of Willie van der Merwe: 083 267 4033.

Daar kan ook op die zello-kanaal ingeroep word: https://zello.com/SACCW.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button