CrimeNews

Sekuriteitswag sterk aan na aanranding

’n Sekuriteitswag en sy hond is aangerand en die hele aand vasgemaak gelos.

’n Sekuriteitswag en sy hond is aangerand en die hele aand vasgemaak gelos.

In die vroeë oggendure van Maandag, 22 Oktober, het ’n onbekende aantal mans ’n sekuriteitswag oorrompel by die sentrum in Gordonstraat.

Die betrokke sentrum is besig om oorgedoen te word en koperdiewe het die geleentheid met albei hande gegryp om koper te steel en te verkoop.

Die sekuriteitswag, wat steeds aansterk na die voorval, het op die toneel vir die polisie vertel wat gebeur het.

Hy het gesê dat gewapende mans in sy rigting gestap het en ’n geweer op hom gerig het. Die mans het glo vir hom gesê om plat te lê maar hy het nie, hy het eerder sy hande in die lug gesteek.

LEES OOK

Man en vrou voor kind aangerand

Swanger vrou loop huis toe na kapingsdrama

Die wag is glo na ’n donker plek geneem waar sy hande en voete met kabelbinders vasgemaak is. Die verdagtes het die sekuriteitswag ook aangerand.

Hy het aan die polisie gesê dat hy net geluide gehoor het, soos gereedskap wat gelaai word. Die wag was genoodsaak om die hele aand te sit en wag vir iemand om hom te help.

Die sekuriteitswag is gehelp deur ’n man wat vroegoggend daar aangekom het en met verdere ondersoek het hulle opgemerk dat gereedskap en koperkabels gesteel is.


Die toneel waar ’n sekuriteitswag aangerand is.

Die wag het verder vertel dat die hond wat saam hom daar was, ook seergemaak is.

Die slagoffer was nie beskikbaar vir kommentaar teen druktyd nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button