CrimeNews

Skelms kry vyf jaar opgeskort

Nadat hulle op 5 Januarie in die hof verskyn het, is die saak uitgestel na 12 Januarie vir vonnisoplegging

Vroeër vanjaar is daar in die WITBANK NUUS berig dat motorfietsdiewe van ons stad in Mosselbaai vasgetrek is.

In Januarie vanjaar het JP Smit en Marius de Lange in die Klerksdorp Landdroshof verskyn nadat hulle met gesteelde motorfietse in hul besit gekry is.

Nadat hulle op 5 Januarie in die hof verskyn het, is die saak uitgestel na 12 Januarie vir vonnisoplegging.

LEES OOK

Moeilikheid makers van eMalahleni in Mosselbaai vasgetrek

eMalahleni trio in court again

Die twee was in aanhouding sedert Januarie en het weer op 1 November in bogenoemde hof verskyn.

Die byna 10 maande in aanhouding, terwyl hulle gewag het vir vonnisoplegging, is in ag geneem en alhoewel die hof hulle twee jaar tronkstraf toegedien het, is hulle vrygelaat.

Beide is ook skuldig bevind op die aanklag teen hulle. Elk ook met ’n vyf jaar opgeskorte vonnis.

Hulle het wel ook 16 ure gemeenskapsdiens gekry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button