
“Ek het nie geweet wat die ou met die hond gaan maak nie. Ek kon nie dink dat ek dieselfde hond more of oormore langs die pad gaan optel nie,” het me. Nadia Nortman gesê.

Die hond wat tans steeds by die DBV is.
Dit volg na ’n voorval Sondag, 11 November toe ’n man ’n hond aan haar verkoop het vir R50. Nortman het vertel:
“Die kinders het buite gespeel en die man het vir hulle gesê hy verkoop die hond vir R50. Die man het gedreig om die hond dood te maak as ons nie die hond koop nie,” het Nortman gesê.
“Ons mag nie honde hier aanhou nie, so ek het die South African Community Crime Watch (SACCW) gekontak ingelig. Ek het toe nou maar die R50 vir die man gegee.”
LEES OOK
Honde word uitgewis en inwoners besteel
Maureen Scheepers van SACCW het Nortman aanbeveel om die hond na die naaste veearts te neem, waarna dit na die Dierebeskermingsvereniging (DBV) geneem is.

Die verdagte wat ’n hond wou verkoop aan ’n inwoner van Louisestraat.

Die verdagte wat ’n hond wou verkoop aan ’n inwoner van Louisestraat.
“Die hond is nou tans by ons. Hy lyk redelik goed versorg, en is tog so oulik. Indien iemand hul hond vermis, kom haal die hond gerus, met bewys van eienaarskap,” het die DBV gesê. Die kontakpersoon by die DBV het ook bygevoeg dat hulle glad nie hierdie gedrag aanmoedig nie. “Ons stel voor dat indien so iets weer gebeur, jy onmiddellik die buurtwag moet kontak of die polisie. Ons kan nie hierdie mense in ons stad hê wat loop en diere verkoop nie.”
Die hond lyk of dit ’n kruis Duitse Herdershond (German Shepherd) kan wees.
“Alle voorvalle moet aan die DBV gemeld word, dat ons bewus is hiervan en hierteen kan optree,” het die kontakpersoon bygevoeg.
Nortman het gesê dat dit onduidelik is waar die man die hond gekry het.

Die verdagte wat ’n hond wou verkoop aan ’n inwoner van Louisestraat.
“Hy het gesê iemand het glo die hond vir hom gegee.”
Kontak die DBV by 013 650 2321 of 013 650 1360. Hul noodnommer is: 083 657 2421.
