CrimeNews

Pasop vir ‘lugtyd swendelaar’

Verskeie mense is die afgelope paar weke weer met ’n slap riem gevang deur die ‘lugtyd swendelaar’.

Verskeie mense is die afgelope paar weke weer met ’n slap riem gevang deur die ‘lugtyd swendelaar’.

Die man, wat verskeie name gebruik, bedrieg mense al ’n geruime tyd lank om lugtyd te bekom.

Hy teiken gewoonlik organiseerders van liefdadigheidsgeleenthede wat in WITBANK NUUS adverteer.

“Hy het my gebel en homself voorgestel as Johan Botha en gesê hy wil graag ’n geslagte skaap skenk vir die geleentheid wat ons aanbied. Hy het gesê hy boer op die Zaaihoekpad en ek moet die skaap kom haal. Ek was maar te bly en het reëlings met hom getref om die skaap te gaan haal,” het een van die onlangse slagoffers gesê.

Die man bel dan weer en sê dat hy sommer langs die pad sal wag met die vleis en vra dan dat die persoon vir hom lugtyd-koeponne moet saambring van die dorp af, aangesien hy nie van die plaas af kan weggaan nie, hy sal die geld daarvoor gee as die skaap afgehaal word.

LEES OOK

Lugtyd-bedrieër weer doenig

Besighede die teiken

As jy klaar die lugtyd gekoop het, vra hy dat jy dit vir hom moet stuur, aangesien sy lugtyd klaar is en hy nie verdere oproepe kan maak nie.

“Ek het twee R175 koeponne gekoop en dit vir hom gestuur. Ek het ’n paar keer daarna weer probeer bel, maar die foon was af. Ek het toe eers besef dat ek ingeloop is,” het die slagoffer gesê.

Mense word gewaarsku om nie in dié man se strik te trap nie.

As jy gevra word om lugtyd te koop, weet maar dit is ’n bedrogspul.

Die polisie is besig met ’n ondersoek om die bedrieër vas te trek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button