
Drie voertuie is kort na nuwe jaar gesteel.
Op Saterdag, 5 Januarie is ‘n kar in Graystraat, Klipfontein gesteel.
Die eienaar het aan die polisie vertel dat die rooi Volkswagen Chico uit hul erf, iewers in die aand gesteel is.
Die voertuig se registrasienommer is HNB 087 MP.
Op Vrydag, 4 Januarie is nog ‘n voertuig in Totiusstraat gesteel.
Die wit Ford Laser met registrasienommer FGF 389 MP is ook uit die eienaars se erf gesteel, ongeveer 02:45.
‘n Derde voertuig is ook in Smutsstraat gesteel. Die Mazda Drifter dubbelkajuit, is tussen 11:30 en 12:00 gesteel en geen ander inligting is teen druktyd beskikbaar nie.
Vir enige inligting rakende die voertuie, kontak die Witbank Polisie op 013 655 5052.
