CrimeNews

Om ’n TV te besit maak jou die volgende teiken

Hulle het van die toneel gevlug met verskeie items, onder meer ’n ‘plasma’ televisie.

Die afgelope week is talle huise beroof en besteel in verskeie woonbuurte om eMalahleni.

Op 9 Januarie is twee sake aangemeld by die Witbank Polisiestasie, een van die sake was ’n rooftog wat in Suzettestraat plaasgevind het.

Dit word beweer dat drie verdagtes toegang tot die huis verkry het, waar die huishulp, ’n vrou en dié se baba tuis was.

Een van die verdagtes wat gewapen was het die vrou aangeraai om eerder stil te bly en in die badkamer te gaan sit, terwyl die ander verdagtes deur die huis gegaan het vir waardevolle besittings.

Tydens die tyd het die vrou se babatjie wakker geword en het die booswig die babatjie in die badkamer ingegooi.

Hulle het van die toneel gevlug met verskeie items, onder meer ’n ‘plasma’ televisie.

Dit was eers na ’n rukkie wat die vrou besef het die rowers is weg, dat sy om hulp gaan vra het.

Die SACCW (South African Community Crime Watch) en polisie het enkele minute na die kreet van hulp op die toneel aangekom.

In ’n ander voorval wat op 10 Januarie om dieselfde tyd plaasgevind het as die vorige dag se rooftog, is nog ’n huis beroof in Kareestraat.

Met dieselfde modus operandi het drie rowers toegang verkry tot die huis deur die motorhuis se deur oop te breek. Die huishulp was op daardie oomblik in die huis besig toe sy ’n lawaai hoor.

“Ons het om en by net na 12:00 ’n oproep van ons alarmdiens gekry om ons in te lig oor die rooftog, dit na my huishulp die paniekknoppie gedruk het soos die rowers gevlug het,” het die eienaar van die huis vertel.

Dis beweer deur die huishulp dat daar drie mans, gewapen in die huis gekom het en hulself gehelp het tot die waardevolle goedere in die huis. Onder meer is al die gesin se “plasma” televisies ook gevat.

Die lede van SACCW het op die toneel gekom en dadelik die polisie ontbied.

Operasie-koördineerder van SACCW, Maureen Scheepers, het laastens bygelas, “rowers is baie aktief in die buurte deesdae en dus raai ons die inwoners aan om zello op hul telefone te installeer en in te skakel by hul buurwag hetsy dit SACCW of die GPF (gemeenskapspolisiëringforum) is, want die vinnigste manier om hulp te kry is vanuit jou eie area. Dit kan ook baie van hulp wees as huishulpe en tuinwerkers noodgeval nommers byderhand het, aangesien hulle meeste van die tyd in sulke situasies beland.”

Closing the case on house robberies

Five houses broken into on one day – Tips on prevention

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button