CrimeNews

Opgestopte pop daar gelaat

Met die aankoms het ʼn reaksielid bevestig dat dit nie ʼn lyk is nie, maar wel ʼn opgestopte ‘pop’.

ʼn Jackaroopark-inwoner het die SACCW (South African Community Crime Watch) buurtwag laat weet dat ʼn ‘lyk’ langs die grondpad lê.

Met die aankoms het ʼn reaksielid bevestig dat dit nie ʼn lyk is nie, maar wel ʼn opgestopte ‘pop’.

In plaas van poppe wat dans, het inwoners aan die gons geraak oor die nagemaakte ‘liggaam’ wat halfpad in ’n grondpad na die Jackaroo-treinspoor gelê het.

“Dié soort ‘poppe’ word gebruik as ’n kapingsmetode vir inwoners en padgebruikers om dadelik te stop,” het operasie-koördineerder, Maureen Scheepers van die SACCW gesê.

Kapers en rowers sal tot alle uiterstes gaan om hul volgende teiken te vang nie.

Met verdere ondersoek het lede van die SACCW buurtwag afgekom op ’n nabygeleë boom waar dit geblyk het dat mense wel daar ’n sit- of slaapplekkie gemaak het, maar niemand was in die rondte nie.

Polisiewoordvoerder, kapt. Eddie Hall meen “daar is skelms daarbuite wat voortdurend met nuwe planne en metodes vorendag kom om mense se eiendom in die hande te kry.”

Hy het ook bygevoeg dat enige verdagte persone of situasies sonder twyfel by die plaaslike polisiestasie aangemeld moet word.
Dit is ook raadsaam om die sektor voertuie se telefoonnommers byderhand te hou.

* Die provinsiale misdaadstatistieke vir alleenlik 2017 tot 2018 is daar 16 325 klagtes van voertuigkapings aangemeld en 1 202 trokkapingsake is geopen by polisiestasies in die provinsie.

* Roof met verswarende omstandighede het met 6.4% toegeneem tot 140 956 gevalle. Roof met verswarende omstandighede sluit kapings, rooftogte, vragmotorkapings, transitorooftogte en bankrooftogte in.

* Kapings het landwyd met 14.5% toegeneem in 2017 tot 2018.

Wenke om ’n kaping te vermy:

– Wees bewus daarvan dat kapers hulle dikwels as polisiebeamptes voordoen en jou dwing om af te trek. As jy nie veilig voel nie, ry na die naaste polisiestasie toe.
– Kapers is ook geneig om liggies teen jou motor te bots en jou so te dwing om stil te hou. As jy agterdogtig voel, ry na die naaste polisiestasie toe.
– Jy is op jou weerlooste as jy in en uit jou voertuig klim. Wees altyd paraat oor wat om jou aangaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button