
Oom Manie Venter, wat gister in die ongeluk op die kruising van OR Tambo en Amsterdam was, is oorlede.

Met die impak van die ongeluk het Oom Manie se buik geskeur en sy blaas uitgekom, van sy ribbes en sy pelvis is gebreek en sy een long het platgeval.
Hy was op ventilasiemasjiene.
Oom Manie se vrou, Tannie Martie wat ’n passasier in die motor was, is in teater.
Sy het verskeie frakture opgedoen tydens die ongeluk wat op Woensdag 30 Januarie plaasgevind het.
Lees ook: Vyf in hospitaal na ongeluk by OR Tambo-kruising https://www.citizen.co.za/witbank-news/120119/vyf-hospitaal-na-ongeluk-tambo-kruising/
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
