CrimeNews

Opvolg: Dora steeds in intensiewesorgeenheid

Sy moet gaan vir ’n breinskandering en daar moet op haar gebreekte been geopereer word

Dora Theunisen, die vrou wat elke dag by die kruising gebedel het is steeds in die intensiewesorgeenheid in Witbank Hospitaal.

Sy moet gaan vir ’n breinskandering en daar moet op haar gebreekte been geopereer word.

Daar is nog geen aanduiding van hoe dit met die minibus bestuurder en sy passasier gaan wat ook in die ongeluk beseer is nie.

Hulle is ook in Witbank Hospitaal opgeneem.

Ooggetuies het vertel dat die minibus ’n kar op Woensdag 30 Januarie by die kruising aan die kant verbygesteek het.

Die verkeerslig was glo rooi.

Die minibus het Dora getref, uitgeswaai en mnr. Manie en me. Martie Venter se Kia getref wat aan die teenoorgestelde rigting by die rooi verkeerslig gewag het.

Oom Manie is vroeër vandag oorlede en Tannie Martie is steeds in die intensiewesorgeenheid by Life Cosmos Hospitaal.

Lees meer:  Vyf in hospitaal na ongeluk by OR Tambo-kruising https://www.citizen.co.za/witbank-news/120119/vyf-hospitaal-na-ongeluk-tambo-kruising/

Lees meer: Oom Manie is oorlede https://www.citizen.co.za/witbank-news/120183/oom-manie-oorlede/

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button