
Die Legend 45 tendens was onlangs in die nuus, maar dit blyk of dit nie stop nie.
Nog sake is by die Witbank Polisie aangemeld van Legend 45 bakkies wat gesteel is.
Vir mnr. Pieter Marx was geluk aan sy kant, toe sy bakkie teruggekry is.
Op 17 Januarie het hy by ’n vulstasie gestop, toe hy omstreeks 13:00 terugkeer, is die bakkie weg.
“My bakkie is gelukkig in Malelane opgespoor,” het hy Dinsdag, 29 Januarie gesê.
Op 16 Januarie is nog ’n Legend 45 gesteel by ’n plaaslike winkelsentrum.
Die slagoffer het vertel dat dit tussen 08:00 en 16:15 plaasgevind het en dat die voertuig oudergewoonte by dié sentrum parkeer was.
Die voertuig is vermoedelik uit die parkeerarea gesteel.
Die saak word nog ondersoek.
