
Die realiteit van verkragting raak ’n groot probleem in ons midde.
Die afgelope week is twee verkragtings by Witbank Polisiestasie aangemeld.
In die een geval is ’n dogtertjie van 10 jaar verkrag by ’n rioolplaas in Klarinet.
Dit word beweer dat die dogtertjie onskuldig op 29 Januarie besig was om buite te speel toe ’n onbekende man haar genader het.
Die man het haar glo oortuig om saam hom ’n entjie te stap waarop hy haar toe na die rioolplaas geneem en onsedelik verkrag het.
Die ouer van die dogtertjie is na die gebeure gekontak deur haar broer om haar in kennis te stel van die tragiese gebeure.
Die dogtertjie het glo in trane by die huis aangekom en dadelik haar oom vertel.
Dis nie bekend wie die verdagte is nie, maar die polisie is besig om die saak verder te ondersoek.
In ’n ander voorval is ’n man na bewering deur drie vrouens en een man geroof en verkrag.
Die voorval het glo op 1 Februarie by Mandelarylaan plaasgevind toe die slagoffer by ’n verkeerslig stilgehou het en twee vrouens en een man in sy bakkie geklim het.
Die verdagtes het na bewering die slagoffer gedwing om na ’n spesifieke huis te ry en sy voertuig agter die huis te parkeer.
Daar het hulle hom in ’n kamer toegesluit en glo ’n kondoom gegee en gesê hulle soek sy semen.
Na ’n bakleiery het die dames ’n man in die kamer laat inkom waar hy glo verder gedreig is.
Na die gebeure het die verdagtes hom boonop glo beroof van kontant en hom vrygelaat.
Nog geen verdagtes is in hegtenis geneem nie en die saak word tans ondersoek.
