CrimeNews

Man eindig in polisievoertuig op

Intussen is die verdagte man in Middelstraat, Modelpark vasgetrek

’n Man het sy moses teëgekom toe hy op heterdaad betrap is met gesteelde items in sy besit.

Op Dinsdag, 5 Februarie het ’n man by ’n huis in Hobhousestraat ingebreek. Hy het selfone, skootrekenaars, kontant en meer gesteel.

Mnr. Righardt Larkens het vertel: “My sussie was by die huis. Ons vermoed die man het oor die muur geklim en daar was geen gedwonge toegang om by die huis in te kom nie, die traliehek agter het oopgestaan. Daardie hek is altyd gesluit. Die man het vir my sussie gevra waar is die spaarsleutels en hy het presies geweet waar alles in die huis is. Hy het ook geweet dat die kluis in my kas is.”

Larkens het verder vertel dat die verdagte ook reguit na die kameraboks geloop het in sy seun se kamer en die kamera uitgeruk.

“Die man het ook geweet watter knoppies maak die hek en motorhuis oop,” het Larkens geskok gesê. “My sussie het toe na die mense in die woonstel gehardloop, wat met my in kontak gekom het en ek is ingelig van die voorval.”

Gesteelde items wat in die verdagte se besit gevind is.

Intussen is die verdagte man in Middelstraat, Modelpark vasgetrek. Mnr. Theo Luus, reaksielid van die SACCW (South African Community Crime Watch) het vertel dat ’n ander SACCW-reaksielid gekontak is in verband met ’n voorval in dié straat tussen ’n lid van CSC Tactical en ’n verdagte man.

Met aankoms van Secure Access, het hulle die man herken as die een wat in Hobhousestraat ingebreek het.

Die verdagte is toe teruggevat na die huis en die items in sy besit is positief geïdentifiseer as dié wat vroeër in Hobhousestraat gesteel is.

Witbank Polisie is na die huis ontbied en die man is gearresteer. ’n Saak van gewapende roof is geopen.

Larkens het almal wat hulp aangebied en gehelp het tydens die voorval bedank en ook die twee betrokke sekuriteitsmaatskappye – Secure Access en CSC Tactical.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button