NewsSchools

Van Jotter tot volwaardige HGH-troep

Die Jotters is herwin van verskeie laerskole en moet nou hulle eie storie neerskryf

Op 8 Januarie het ʼn unieke groep Jotters hul hoërskoolloopbane afgeskop.

Verward en onseker het hulle die eerste tree in die rigting van ʼn nuwe lewensfase gegee. Jotters is herwinde boeke.

Die Jotters is herwin van verskeie laerskole en moet nou hulle eie storie neerskryf.

Aan die begin lyk die hoërskool soos die grootste uitdaging van jou lewe. Alles is groter en moeiliker en nou moet jy inval.

Oriëntering gee aan graad 8-leerlinge die geleentheid om welkom te voel en ander leerlinge sowel as die skool omgewing vinniger te leer ken.

Oriëntering is deel van grootword en ʼn hoërskooltradisie.

Oriëntering maak jou dadelik deel van die groep.

Carli van Jaarsveld help vir Mariska Van Dyk om vir die eerste keer haar trotse maroen kleurbaadjie aan te trek.

Dit leer jou waardes, om uit en aan te hou.

Die oriënteringsaksie het onder leiding van die Generale Raad en hulle klasvoogde onder streng toesig plaasgevind.

Volgens tradisie, het die inhuldiging van die graad 8-leerders op 31 Januarie plaasgevind.

Met die lui van die klok word daar verkondig dat die graad 8-jotter nou ʼn volwaardige troep is en dat hul paadjie na Generaalskap begin.

Elke leerder het ʼn onderhoud met een van HGH se Bestuurslede gevoer waarna die Erekode geteken is en hulle amptelik hulle skoolbaadjie vir die eerste keer met trots kan dra.

Hoërskool Generaal Hertzog heet die graad 8’s as volwaardige Troepe by die skool welkom.

Back to top button