CrimeNews

Gifdiewe steeds in ons midde

Op 26 Februarie het die SACCW weer twee gevalle ontvang van honde wat vergiftig is in beide Reynorif en Blancheville.

Die hartseer van inwoners in eMalahleni loop weer oor na talle honde vergiftigings die afgelope week plaasgevind het.

Vroegoggend op 20 Februarie het ’n inwoner van Fleurlaan in Blancheville op ’n hartstollende ontdekking afgekom toe sy in haar erf loop en haar honde roep; drie honde karkaste en twee van haar katjies is wat sy op haar nugter maag moes aanskou.

“Dis vir my vreeslik hartseer omdat dit nie die eerste keer is wat hulle my diere vergiftig nie,” het sy moedeloos vertel.

Twee van haar hondjies was nog klein wat sy net ’n paar weke tevore aangeskaf het omdat sy haar ander honde aan die dood moes afstaan.

“Daar is nog een van hulle wat veg vir sy lewe maar ek twyfel of hy dit gaan maak,” het sy bygelas.

WITBANK NUUS het vroeër die jaar ook berig oor honde wat in die area vergiftig is.

“Drie gevalle van honde in Beitstraat, Blancheville wat vergiftig is, is aangemeld. Die boosdoeners het nie net by een huis toegesak nie, maar by drie,” het die berig gelui.

Op 26 Februarie het die SACCW (South African Community Crime Watch) weer twee gevalle ontvang van honde wat vergiftig is in beide Reynorif en Blancheville.

“Soos ons voorheen genoem het, in meeste van die gevalle wat gerapporteer word het die eienaars motorfietse wat die booswigte teiken of die bure het ’n motorfiets,” het Maureen Scheepers van SACCW gesê.

Vergiftiging pakkies te koop by die DBV.

Verder word inwoners aangeraai om altyd veeartse se noodnommers byderhand te hou.

“Die DBV (Dierebeskermingsvereniging) maak “poison packs” vir inwoners om te koop. Dit gaan nie jou dier red as hy vergiftig is nie, maar dit gaan definitief vir jou tyd koop om jou dier by die veearts uit te kry,” het Scheepers ten slotte gesê.

Noodnommers in eMalahleni:

• President Veterinary Clinic – 076 412 7453
• Watermeyer Veterinary Clinic – 076 412 7453
• Witbank Veterinary Hospital – 013 697 0078
• Klipfontein Veterinary Clinic – 013 692 7040
• SPCA Witbank – 083 657 2421

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button