
’n Dief is uit sy sak en skoene toe die hitte te erg word.
Hy het vermoedelik by ’n huis probeer inbreek in Pelikaanstraat, in Reynorif op Dinsdag, 5 Maart.
’n Noodkreet het ingekom op die SACCW (South African Community Crime Watch) se kanaal en hulle het reageer, waarop die man toe in Spring Valley se rigting gehardloop het.

Dit het ongeveer 11:00 se kant gebeur en die vermeende dief het sy sak en skoene agtergelaat in die haas om weg te kom.
Die sak is egter propvol dwelms.
Die man het niks gesteel nie, aangesien hy te vinnig betrap is.
Die vermoede bestaan dat hy wel met dié intensies die erf in Pelikaanstraat ‘besoek’ het.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
