MunicipalNews

Pasop of jy sink in die paaie

Nog ’n baie vermeldenswaardige gevaar wat deur sekere mynboubedrywighede geskep word, is die vorming van sinkgate

Die mynbou in eMalahleni is winsgewend en waardevol vir ons stad maar ongelukkig hou mynbou-dorpe allerhande gevare in.

Nog ’n baie vermeldenswaardige gevaar wat deur sekere mynboubedrywighede geskep word, is die vorming van sinkgate.

“Dis vir my skokwekkend om te sien hoe die paaie in ons dorp deesdae oral sinkgate inval,” het ’n oud-inwoner van die Steenkoolstad gesê.

Sinkgate word gevorm deur ondergrondse verkrummeling naby myne omdat die water daaruit onttrek is as gevolg van die mynbou.

“As inwoner van ’n myndorp weet ons van sulke tipe gevare wat vir ons voorlê, maar wat doen die munisipaliteit omtrent die instandhouding en infrastruktuur sodat dit voorkom kan word,” het die inwoner ook bygelas.

’n Goeie voorbeeld van ’n sinkgat wat talle kere gerapporteer is by die munisipaliteit is die een in Tennysonstraat, Uitbreiding 8.

“Weekliks val die pad net verder in en niks word daaraan gedoen nie. Van die inwoners het dit al goed gedink om die sinkgat toe te gooi met grond en ’n plank met ’n rooi lap in die middel van die pad te plaas sodat die padgebruikers ‘gewaarsku’ kan wees.”

WITBANK NUUS het die munisipaliteit genader om te probeer vasstel hoe hul te werk sal gaan om sinkgate te voorkom, maar voor druktyd is geen kommentaar ontvang nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button